Bek-en-klouseer
Quantum.Silver® vir Diere – ’n Nuwe Manier om Siek Diere te Behandel
Quantum.Silver® is ’n nuwe tipe medisyne wat help om virusse en bakterieë in diere dood te
maak. Dit werk baie goed teen virusse soos bek-en-klouseer (BnK). Navorsing het gewys dat
dit die FMD-virus kan doodmaak. Sien verwysing na gepubliseerde navorsing onder aan
pamflet.
Quantum.Silver® kan op twee maniere gegee word:
-
As ’n Poeier (premix) in die voer, of
-
As ’n vloeistof wat per mond toegedien word
​​
As jou diere BnK het, is dit belangrik om so gou moontlik met behandeling te begin. Hoe
vroeër jy begin, hoe vinniger kan jy die siekte stop en keer dat dit versprei na gesonde diere.
Hoe om Quantum.Silver® te gebruik:
1. Behandel alle diere op die plaas wat 6 maande en ouer is, vir minstens 4 weke.
2. Begin dadelik met behandeling as jy weet diere is positief vir FMD.
3. Quantum.Silver® kan ook gesonde diere help om nie aan te steek nie.
4. Behandel alle hoërisiko diere (diere naby aan siekes), selfs al wys hulle nie simptome
nie.
5. FMD-entstowwe vat tyd om te werk — gebruik Quantum.Silver® totdat die entstof
begin werk.
6. Gebruik Quantum.Silver® Gel op blase of wonde in die mond of by die uier en
hoewe.
7. In melkkuddes: gebruik QS Gel en smeer op seer spene na melking vir vinniger
herstel. Sit speendoop na elke tweede melking aan sodat spene nie te droog word
nie.
8. Vir mastitis , gebruik QS Intra-mammary LC spuite — dit is die enigste produk wat
die FMD-virus in die uier doodmaak.
9. Omdat Quantum.Silver® ook bakterieë doodmaak, is antibiotika nie nodig nie.
10. Dit is baie veilig — selfs met ’n oordosis is daar geen newe-effekte nie.
11. Daar is geen ontrekkingsperiode vir melk of vleis nie — jy kan aanhou melk verkoop
soos normal al word die diere met Quantum.Silver® behandel.
Hoeveel om te gee:
As jou kudde FMD positief is:
-
Kudde behandeling: Gee 2g QS Premix vir elke 100kg liggaamsgewig, elke dag vir 28
dae. Vleisbeeste gee 1g QS Premix vir elke 100kg liggaamsgewig daagliks.
(Voorbeeld: As melkkoeie 6kg voer per dag eet, meng 2kg QS Premix in 1 ton voer.)
-
(Voorbeeld: Vleisbeeste wat ‚n P6 lek kry en gemiddeld 150g per dier per dag vreet,
meng 40kg QS Premix per ton lek)
-
Erg siek beeste wat nie eet nie: Gee 1ml QS Oplossing per kg liggaamsgewig, 2 keer
per dag vir 3 dae.
(Voorbeeld: ’n 600kg koei moet 600ml 2 keer per dag per mond inkry)
As jou kudde in gevaar is (voorkomende gebruik):
Kudde behandeling: 1g QS Premix per 100kg liggaamsgewig per dag vir 28 dae.
(Voorbeeld: Kalwers van 300kg in ’n voerkrale wat 6kg per dag eet, meng 500g QS Premix in 1 ton voer.)
(Voorbeeld: Vleisbeeste wat ‚n P6 lek kry en gemiddeld 150g per dier per dag vreet, meng 40kg QS Premix per ton lek)
Quantum.Silver® kan saam met ander medisyne gebruik word — daar is geen interaksie nie.
Verpakkingsgroottes beskikbaar:
QS Oplossing: 5 liter en 25 liter
QS Premix: 5kg, 15kg en 25kg
QS Gel: 500g en 5kg
Praat met jou Lionel‘s Vet Agent vir hulp met regte dosisse vir kalwers, verse en ander diere.
